Geurige oondgebakte hoender en rys

Bestanddele
30 ml kookolie 
15 ml botter 
sout, swartpeper en gemengde kruie 
ongeveer 2 kg hoenderstukke, skoongemaak 
1 ui, opgekap 
2 huisies knoffel, gekneus 
2 soetrissies, rooi en groen, in repe gesny 
250 g sampioene, in skyfies gesny 
375 ml rou rys 
1 pakkie sampioenroomsop 
750 ml warm hoenderaftreksel (meer kan gebruik word, indien verkies) 

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n diep oondskottel met kleefwerende kossproei.Verhit die olie en botter tot warm. Meng die sout, swartpeper en kruie saam en sprinkel oor die hoenderstukke. Verbruin die hoenderstukke in olie-bottermengsel, skep uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel, soetrissierepe en sampioen-skyfies in die orige panvette vir twee minute. (Indien nodig, voeg ekstra olie by.) Voeg die rys by en braai vir ‘n verdere twee minute. Maak die sampioensoppoeier aan met ‘n klein bietjie koue water en klits die aftreksel daarby. Skep die rysmengsel en hoenderstukke in die voorbereide oondskottel en giet die warm soppoeier/aftreksel daaroor. Roer liggies deur, bedek met tinfoelie en bak in die voorverhitte oond vir sowat 80 minute tot die hoender en rys sag en gaar is. Pas die geur verder aan, indien nodig. Roer ‘n lekker handvol gekapte pietersielie by net voor opdiening. Sit voor saam met ‘n groente van jou keuse. Genoeg vir sowat ses mense. 

(Visited 430 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui