LEWER BOBOTIE MET APPEL

Bestanddele
1 dik sny bruinbrood 
500g skaap of beeslewer 
1 ui, fyngekap 
1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny 5 ml borrie 
30ml fyn appelkooskonfyt 
2 ekstra groot eiers, geklits 
2 lourierblare 
125ml melk 
sout en peper 
2 knoffelhuisies, fyngedruk 
15 ml matige kerriepoeier 
30ml blatjang 
30 ml suurlemoensap 
250ml melk 

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit n oondvaste bak van 24x24x5cm met kleefwerende middel. Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon: Trek die vliese af en sny enige harde senings uit. Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lÍ. Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot bruin van buite. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur. Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 280 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *