Luk 6:42

Dinsdag 9 September 2014 Tema: Dra vrugte 2
****My eie woorde
**** Soveel keer fokus ons op die VRUGTE wat ons dra, ek wil dit
nie meer doen nie en dat wil ek regmaak. Ons fokus is by die oes
en nie by die saad nie. Daarom moet die boom reggemaak word
sodat die vrugte spontaan kan verander. Ek en jy kan ‘n boom wees
in God se tuin of ‘n verdorde boom wat net daar staan met geen
waarde nie. Kom ons vra vandag die HERE om my en jou boom reg
te maak en ons denke te vernuwe sodat die oorvloed wat uit ons
hart vloei tot eer van Sy naam sal wees. Jy sien wanneer jou hart
vol is van iets is dit soos ‘’n dam wat oorloop en dit kom by jou
mond uit. Die vraag is wat kom by my en jou mond uit wat ons
Skepper oneer aandoen.
Luk 6:42  Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om
die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in
jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog
uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog
is, uit te haal.43  Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte
dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
44  Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings
pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n
doringbos nie.45  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy
hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte
skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van
die hart spreek sy mond.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 September 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘’n wonderlike dag vol
genade wees
Vicky Nel 9 September
Marcia Pretorius 9 Sept
Chantal Triegaardt 9 Sept.
Izabelle Nagel. 9 Sept
Cecilia Forbes- Namibië 9 Sept
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 40 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *