Nou al redelik ingeburger in die militêre tradisie word ek oorgeplaas na Pretoria toe na die SP Wag eenheid toe. Daar aangekom sien ons dat daar nie geboue is vir ons om in te bly nie, maar wel tente.

En die ergste van alles die klomp tente staan reg agter Pretoria se Durban Beach of te wel DB aka militêre tronk.

Al die misfits of ouens wat nie geleer het hoe om te weermag te oorleef nie het in Durban Beach geëindig. 5 uur die oggend het die manne ons wakker geskreeu, want dan het hulle al begin met hulle PT (Physical Training). Dit was nie juis lekker gewees daar nie. Tot laat in die aande was die manne besig gewees. Net die geskreeu van die manne het ons, op ons hoede geplaas. Ons wou nie DB toe gegaan het nie.

Ons Ou Manne was op parade gewees by Waterkloof lughawe om vir een of ander hoë geplaaste ʼn erewag te staan. Die erewag het op die plek rus gestaan. Die bevel is gegee en twee van die knape het nie so mooi gehoor nie want daar was ʼn geraas van ʼn vliegtuig
gewees. Die twee staan toe mos so lekker op die plek rus terwyl die ander op aandag staan. Die arme twee siele is aangekla vir die verontagsaming van ʼn bevel. Hulle moes vir 5 dae na Durban Beach gaan.

Arme dom troepe plaas dat hulle net hulle ore oopgemaak het. Maar dit was ʼn fees in die SP Wag gewees. In die oggende van net na ontbyt tot by teetyd het ons gedril en gedril en weer gedril en nog steeds gedril. Maar dit was die moeite werd want as ons opgetree het, het ons soos een man gereageer.

Natuurlik het ons elke week skietbaan toe gegaan om te gaan skiet. Dit was op Donderdae gewees. Die een Donderdag besluit een van ons stafsersante dat ons te lekker lewe en dat ons moet aanhou oefen. Hy besluit ons gaan die oggend skietbaan toe loop. Dit is so
8 myl of sowat 4 kilo’s van die basis af gewees.

Natuurlik was ons nie so ingenome met die staf se plan nie. Sovêr as wat ons loop besluit ons onder mekaar dat sodar ons op die skietbaan gaan kom gaan ons sleg skiet. Na so ruk kom ons daar aan en daar staan wragtig ʼn trok met koeldrank en tee op. Ons drink eers koeldrank en tee en rus so bietjie.

Net daar begin die sports. Die eerste groep skiet. Wat ʼn gemors. Nie eers rowers skiet so sleg nie. Net waar die klomp plek gekry het, het hulle geskiet. Die staf krap sy kop. Die tweede groep lê aan en begin skiet en hulle skiet erger as die eerste groep. Natuurlik
wou die tweede groep die eerste groep wys dat hulle slegter kan skiet. Net daar word alles gestop.

Staf jaag al die drywers op ʼn knop en laai hulle in die koeldrank trok. Daar gaan hulle na die kamp toe om die ander trokke te gaan haal. Het ons daardie rit terug kamp toe geniet. Dit was hemels.

Nie juis nodig om te se dat ons nooit weer skietbaan toe geloop het nie.

Maak nie saak wat het die korporaals en staande mag lede gedink nie. Die troepe het hulle regeer en hulle het nie die troepe regeer nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 45 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation