Job 29V24

Woensdag 15 Okt. 2014 Tema: Moedverloor se vlakte 3
****My eie woorde
***Die verhaal van Job bly steeds die grootste inspirasie vir
elkeen vandag. Wanneer mense moeg en moedeloos is, kan
hulle so maklik ander om hulle beïnvloed om op die negatiewe
en lelike te fokus. Onthou net een ding altyd, as ek en jy ons
lewe vir hierdie dag aan God toevertrou het, bly Hy in beheer,
selfs al lyk dit nie so nie en selfs al voel jy nie so nie. Geloof  en
gevoel is vyande. Al voel dit vanoggend vir jou of almal jou
versaak het en niemand verstaan of gee om nie, kom vat geloof
jou hand en sê Glo in God , Hy sal jou nie laat los nie.
Moenie toelaat dat ongeloof die lig in jou verdonker nie
Job 29V24  Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en
hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
Matteus 6:23  Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam
donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die
donkerheid nie!
2 Samuel 22:30  Want met U loop ek ‘n bende storm, met my
God spring ek oor ‘n muur.
GETUIENISSE en TERUGVOER
PM getuig:
Vandag (14 Okt.)sal jy nie besef hoe hierdie stukkie net vir my geskryf
is nie.  Ek sit hier en redeneer in my kop en praat met die Heilige Gees
en ek hoor hoe ek die dagstukkie NOU moet lees.  Ek maak dit oop en
dis asof die Here hier voor my staan en dit vir my sê.
*** Ek kan net hierop antwoord:
Jes.55:11  so sal My woord wees wat uit my mond uitgaan: dit
sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en
voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15 Oktober 2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Ansa Meyer 15 Okt
Rentia Rheeder 15 Okt.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *