Sondae

Saterdag middae en Sondae was so lekker gewees. Saterdae het in wasgoed gewas, op die toilette gesit en verlang na ons meisies. Hoekom juis die toilette weet ek nie. Saterdae aande voor aandete kon ons twee biere koop. Hel dit was lekker gewees. 

Sondae oggende moes ons kerk toe gaan, elkeen na sy eie kerk toe. Omdat ons deur die week nie juis tyd gekry het om te rus nie, het ons rustyd gesoek net waar ons kan. Een Sondag soos een man het die drywer ons by die kerk afgelaai. Ons het mooi agter ingeloop
en weer by die sydeur uit. So het ons ʼn koelte plekkie uitgesoek en lekker geslaap tot die trok ons weer kom oplaai het.

So nou en dan as die drywer nie so vol strooi was nie, het hy Sondae net na kerk by ʼn kafee op die hoek gaan stop. Dan is ons daar in en koop die plek leeg. Polonie, brood koeldrank, lekkers en koek. So in die ryery na die basis toe sit ons en smul. Ons het vir die drywer
ook ʼn koeldrank gekoop. Dit het hom gemaak ordentlik en stadig ry.

Sondae middae het almal geslaap. Was net een snork op die ander gewees. Na ʼn helse uitputtende week het ek my kop net neergesit. Toe my kop die kussing raak was ek in droomland gewees. So skrik ek ewe skielik wakker en kom toe agter ek het myself wakker
gesnork.

Sondae middae was ook droogmaak middag gewees. As jy wakker geword het, terwyl die ander slaap het die droogmaak planne begin. Een van die gewildste truuks wat ons gedoen het was om koerantpapier op te rol. Jy sit nou die stuk koerant papier tussen iemand se tone en steek die papier aan die brand. Almal wat wakker is staan om die man om te kyk wat sy reaksies is. Daar het ons onsself meer as een keer slap gelag. Daar is nie woorde om te beskryf wat ons gesien het nie.

Iets anders wat ons ook gedoen het was om politoer so liggies in ʼn man se hand te sit en sy gesig liggies kielie. Die man besmeer hom self goed. So het ons maar die spanning gebreek.


Daar het ek ook geleer wat verlange is. In jou matriek jaar is, is so sorgvry. Jy het mense om jou wat jou ondersteun en liefhet. Mense waarmee jy jou liefde en hartseer kan deel. Ewe skielik is jy, in ‘n kwessie van paar dae NIKS. Dit voel vir jou asof niemand vir jou omgee nie. Jy is nie gewoond aan die skreeu en vloekery nie. Sondae kom jy heeltemal tot stilstand. Dit is dan wanneer jy sit en dink aan almal om jou wat jou lief het, en wens dat jy weer kan terug gaan na die goeie sorgvrye dae.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 76 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui