Hoofstuk 8 (Groente) ~ Gekookte Blomkool

Verwyder die buitenste ou blare en sit die blomkool vir ‘n uur lank onderstebo in ‘n emmer soutwater sodat daar van alle insekte ontslae geraak kan word. Was nou die kool en sit dit in ‘n kastrol met kokende water waarby ‘n klein bietjie soda gevoeg is. Kook dit gaar, laat die water afloop, skep die kool in ‘n skottel en gooi wit maizenasous bo-oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 274 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui