Dankie vir jou resep Jan

Bestanddele
2 Eiers
125 ml Water
250 ml Vars broodkrummels
5 ml Sout
1 ml Peper
1 Knoffelhuisie, gekap
400 g Gemaalde beesvleis
100 g Varkmaalvleis
125 Gerasperde Mozzarellakaas
Olie vir diepbraai

Metode:
Klits eiers en water saam. Voeg krummels, sout, peper en knoffel by en meng dit goed. Laat staan dit 5 minute lank. Voeg die vleis en kaas by en meng alles goed saam. Vorm klein frikkadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar. Bedien saam met fyn aartappels en gestoomde groente. Lewer 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 692 times, 1 visits today)
 

One Thought on “Klein Frikkadelle

  1. Suzette on December 4, 2017 at 11:10 AM said:

    Hoe kan ek resep lees teen foto agtergrond? Swart letters verdwyn teen swart houer/skaduwee.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation