Onverantwoordelikheid

Net voor ons huis toe moet gaan trek ons regiment saam op na Enana toe. Die basis het omtrent nog nie bestaan nie. Daar was net hoë sandwalle om die kamp gewees. Binne in was so ʼn paar tente. 

Ons het behoorlik gedink dat ons op verlof is. Na al die spanning en oorlog speletjies is ons in die veilige hawe van Suidwes Afrika. Daar is nie baie om te doen nie en ons slaap die meeste van die tyd om. So nou en dan loop ons patrollie om die basis. Net so halfdag
patrollie. Voor ons loop kom die offisiere, hou inspeksie en kyk of ons ammunisie in ons ammo poaches het. Hulle sit net hulle hande onder die ammo poaches en lig hom op. As daar iets swaers in is, is die offisier tevrede.

Wat hulle nie geweet het nie, is dat ons die patrollies gesien het as piekniek geleenthede. Ons het so ʼn lekker plekkie gehad waar ons gaan uitkamp het. Ons het al die ammunisie uit ons ammo poaches gehaal en blikkies kos daarin gesit. So onder ʼn groot koelte boom
sit 10 van ons, elkeen net met een magasyn ammunisie. So nou en dan was daar ʼn bier in die ammo poaches gewees.

Lekker onder die koelte boom sit ons en eet en rook en gesels en party sit en slaap. So het ons elke paar dae daar gaan uitkamp. Min bekommernisse en geen vrese meer nie.

Ons is weg uit die basis uit. Ons het met trokke na Grootfontein gery om daar op die trein te klim. Toe ons in Grootfontein aankom hoor ons dat daar twee soldate geskiet is min of meer waar ons altyd gekamp het.

Net daar, al was dit te laat het ons seksie ons self belowe nooit weer sal ons so onverantwoordelik wees nie.

(Visited 122 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui