Taai Hoendervlerkies

Dankie vir jou resep Jan

Betsanddele
8 Vlerkies

Bestanddele Marinade:
125ml Tamatiesous
5ml Gemaalde knoffel
5ml Rissiepoeier
30ml Bruinsuiker
10ml Suurlemoensap
15ml Worcestersous
15ml Olyfolie

Metode:
Ryg vlerkies op stokkies en geur met sout en peper en plaas in bak. Maak die marinade aan en giet oor die vlerkies. Maak seker almal is met die marinade bedek. Marineer 1 uur. Plaas op oondrak en rooster vir 25 minute in voorafverhitte oond by 200°C. Draai om sodat anderkant ook bruin word. Lewer 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 583 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui