Woordlys

Ballasmandjie

ELKE jaar wanneer die parsseisoen in die Kaapse wynland aangebreek het, kon jy jare gelede maar weet: Dis net enkele dae dan verskyn die koerante en wyntydskrifte met parsfoto’s. En sonder uitsondering was die foto dié van ’n man met ’n vriendelike, Kaapse, sonverweerde gesig met ’n mandjie vol druiwe op die skouer. ’n Ballasmandjie.

Daar was tóé ’n soort romantiek aan dié gesig en die ­tradisionele druiwehouer. Vandag soek jy verniet na ’n ­ballasmandjie in die wingerd.

Die mandjies het vandag ‘n ander doel, meer vir ver­siering en uitstal as vir druiwe en vis hou. Want aan die Weskus, soos elders ter wêreld, was ballasmandjies deur die jare ook gebruik as dra- en hougoed. In ons huis hou een ons vuurmaakhout.

Die rottang wat vir die mandjies gebruik word, word van Oos-Asië ingevoer, hoofsaaklik van Maleisië, ’n sterk en tog buigsame rottang van die plant kooboo loontie. Sterk moet dit tog wees vir mandjiegoed wat jaarin en jaaruit in wind en weer moet dien. 

Ongelukig kon ek nie ‘n foto kry nie.

Foelie

Foelie

Foelie of Mace in engels word gemaak van die wasagtige rooi omhulsel van die neutmuskaat of te wel die nutmeg saad. Foelie proe amper net soos neutmuskaat maar het ‘n delikate smakie van peper. As jy nie Foelie kry nie gebruik Allspice; kaneel, gemmer of neutmuskaat.  

Harslag 

Die harslag is die ingewande wat in die borsholte van die geslagte dier voorkom. Dit sluit in die hart, milt, longe, slukderm en gorrel en soms ook die lewer. Die Afrikanercuisine ken baie geregte waarby harslag die vernaamste bestanddeel is. Gewoonlik word na sulke geregte verwys as afval. Deesdae word onder afval egter veral enige gereg met pens en pootjies verstaan.

Kappertjies

kappertjie

Dit is dalk nie aan almal bekend dat die fraai kappertjies in tuine in werklikheid kruie is nie. Die kappertjie (nasturtium) of Tropaeolum majus is van Suid-Amerika en Mexiko afkomstig.Dit het ‘n sterk peper-mosterdsmaak. Die blare kan gebruik word vir ‘n interessante roomsop wat met ‘n paar blomblare gegarneer word. Die blare en blomme kan ook vir toebroodjies afgeskeur word.

Die blare alleen kan vir slaai geskeur, of fyngeskeur by kruiebotter of kaasdoopsous gevoeg word. As dit egter nie dadelik gebruik word nie, word dit bitter. ‘n Paar fyngedrukte groen sade maak mayonnaise of ‘n slaaisous pikant. Die jong groen sade en knoppe word gepiekel om as ‘n plaasvervanger vir kappers gebruik te word. Vir ‘n eksotiese partytjiehappie, kan ‘n bietjie maaskaas in die hart van die blomme geplaas word. Die stingels, blare, blomme en saad van dié plant kan vir kappertjie-asyn gebruik word.

Kappertjies het ook nuttige medisinale gebruike. Die blare is ‘n natuurlike antibiotikum om onder meer ‘n seer keel te genees. Kou drie of vier blare en ‘n uur later nog twee of drie, en siedaar! As kappertjies teen vrugtebome oprank, sal dit die bome gesonder hou. Die blomme kan gedroog word vir kleur in potpourri en ‘n bak kappertjies helder enige vertrek op. Kappertjies is gewoonlik jaarplante, hoewel daar ook meerjarige soorte is. Laasgenoemde word van steggies of saad gekweek. Die eenjarige soorte word gekweek van saad wat direk of in houers gesaai word. Dwergsoorte is vir houers die beste. Saad word gewoonlik in die winter gesaai, maar as kappertjies eers in ‘n tuin groei, lewer hulle geredelik opslagplante. Kappertjies het vol sonlig en gemiddelde grond nodig. As die grond te ryk is, sal daar baie meer blare en minder blomme wees. Kappertjies is nie rypbestand nie.

Bron: Suid-Afrikaanse Kruiegids deur Barbara Hey.

Karmenaadjie

Karmenaadjie beteken een van drie dinge 1) Karmenaadjie. Dis ’n skotteltjie gasvryheid wat aangedra word na die nuwe bure. Of ’n vleisgeskenk, afgekerf van jou gesin se maaltyd en aangebied met ’n oop gemoed. 2) ’n Lekker stukkie vleis, oorspronklik uit Frans carbonnade “vleis wat oor die kole gebraai is”. 3)  ‘n Karmenaadjie is inderdaad ‘n geskenkpakkie vars vleis wat gewoonlik gegee word na die skaap of bees geslag is.

Kerwel

Kerwel

Kerwel se wentenskaplikke naam is Anthriscus cerefolium. In Engels word dit garden chervil genoem en sy Engelse noemnaam is French Parsley. Kerwel is verwant aan Pietersielie. So ipv Kerwel kan jy Pietersielie gebruik.

Murg van Groente

Murgpampoentjies is eintlik die jong weergawe van murg van groente en die Engelse naam, baby marrow, beskryf dit eintlik goed. Daar is ook ander name vir hierdie groente: die Italianders noem dit zucchini en die Franse praat van courgette, maar dis alles dieselfde groente.  

Die groente is deel van die skorsie en pampoen-families. Murgpampoentjies word op ‘n jong stadium gepluk, want die volgroeide groente kan so groot soos ‘n man se voorarm word. Soos ons dit ken as murgpampoentjies, is dit wel ‘n meer geurige groente en het ‘n lekker tekstuur. Wanneer dit groot is, word dit murg van groente genoem en dan het die gaargemaakte groente ‘n tekstuur wat meer soortgelyk aan die van skorsies is.  

Rog 

Ek het nie geweet wat Rog is nie, maar dit is eintelik ‘n pylvis.


Skorsenierwortel

Schorseneren zijn een lid van de zonnebloem familie. De schorseneren is inheems in Zuid-Europa en het Midden-Oosten. De plant heeft mes-achtige bladeren en slanke stengels die onderscheidend paarse bloemen produceren. De wortel wordt meestal gegeten, maar de bladeren en stengels zijn ook eetbaar. De wortel ziet eruit als een zwarte wortel, maar is veel zachter en langer. Schorseneren hebben een witte binnenkant en heeft meer vezels en een fijnere structuur dan reguliere schorseneren. De wortel heeft een enigszins oester-achtige smaak waardoor het de naam “oesterplant” heeft.

Sosys

Sosys is wors soos bv weense worsies, russians of enige tipe wors wees. 

Smoor

Die metode is baie dieselfde as om ’n stew te maak. Die vernaamste verskille is dat die hoof bestanddeel nie in stukkies opgesny word nie, en dat dit gewoonlik in ’n porsie grote gaargemaak word bv. lam skenkels. Die gaarmaakproses geskiet altyd binne-in die oond met ’n deksel op die houer sodat die vloeistowwe en geure binne gehou kan word.

Enige vleis-gebaseerde smoor geregte kan min of meer op dieselfde metode gaargemaak word. Die vleis word gewoonlik eers bruin gebraai en verseël in warm vet. Dit help, dat natuurlike sappe en voedingstowwe van die vleis binne gehou word, alle skadelike bakterie gedood word en gee net daardie ekstra spesiale smaak en voorkoms aan die vleis.

Indien knolgroente of wortelgroente gebruik word, vir die verkryging van ekstra geur, word dit ook eers verbruin in die warm vet.

Hierna word die vloeistof, waarin die hoof bestanddele gesmoor gaan word bygevoeg. Die vloeistof het gewoonlik ’n suur element soos tamaties of wyn in, en dien aan die einde as die sous wat saam met die gereg bedien gaan word.

Dit is ’n baie stadige gaarmaakproses, omdat die gereg met die deksel op teen ’n matige hitte gaargemaak word totdat die vleis sag is. Die vloeistof moet slegs prut en daarom is dit baie belangrik om die hitte noukeurig te kontroleer en die oond word gewoonlik nie hoër as 160 ̊C gestel nie. Noukeurige kontrole is ook belangrik om te verseker dat die vleis nie sal brand of uitdroog nie omdat dit vir sulke lang periodes in die oond gehou gaan word.

Die tegnieke soos gebruik by die maak van ’n stew word gebruik wanneer iets gesmoor word, maar omdat daar klein verskille in die gaarmaakproses is, is daar ook ’n paar tegnieke wat uniek aan die gaarmaakproses is.

Suring

Ek kry nie veel van suring op die internet nie. Suring is ‘n “lavender plant” wat eetbaar is. Sy naam is Syringa vulgaris en dit het ‘n peper agtige smaak. Ek weet nie of dit blomme net so in die sop gebruik is nie. As daar iemand is wat lig op die daak kan werp sal ek bly wees.

Tamaryn

Tamarind is ‘n taai en suur vrug wat aan ‘n Tamarind boom groei. Dit kan gebruik word in alle disse maar dit kom tot hulle reg wanneer dit in Marinades gebruik word soos bvdie marineer van sosaties. Tamaryn water kan vervang word met lemmetjie sap as jy nie Tamarind kan kry nie. 

Tongblare

Boeddhisme is Aizoaceae palm blare en blomme is ‘n multi-linguale vleis plante, wetenskaplike naam Glottiphyllumuncatum, as gevolg van sy vlesige blare sowat 6 cm, was tong effens gekrulde blare helder groen, glad en deursigtig blare, blaar klou gedraaide op kort stingels, lyk soos bergamot soos die naam. Chinese naam: Buddha Palm
Alias: tong blare en blomme, groen skat. Buddha palm, inheems aan Suid-Afrika, het baie lande in die wêreld verbou. Is ‘n meerjarige sukkulente plante. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 985 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 gedagtes oor “Woordlys

  1. U het my dag heerlik gemaak met die Woordeboek want dit sorteer my DIKWELSE vrae oor Afrikaanse plantname uit. Stoor dit NOU op my skryflys en ek wil vertrou dat MEESTE van ons reseptegroep netsoveel PLESIER daaruit sal opdiep. Dankie, dankie BAIE DANKIE!

    Een vraag – is dit ook elektronies of digitaal beskikbaar vir direkte gebruik in bv. MS Word?

     
  2. Moet ek hierdie nou herhaal? – nouja dan: U het my dag heerlik gemaak met die Woordeboek want dit sorteer my DIKWELSE vrae oor Afrikaanse plantname uit. Stoor dit NOU op my skryflys en ek wil vertrou dat MEESTE van ons reseptegroep netsoveel PLESIER daaruit sal opdiep.

    Dankie, dankie BAIE DANKIE!

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui