AVOKADO EN AARTAPPELSLAAI:

Bestanddele
600 g middelslag aartappels, gewas
60 ml Franse slaaisous
1 klein ryp avokado
sap en gerasperde skil van een
3 ml sout
suurlemoen
varsgemaalde swartpeper
1 knoffelhuisie, gekneus en fyngekap
5 ml suiker
50 ml room of melk
25 ml gekapte grasuie
15 ml gekapte, vars pietersielie

Metode
Bedek die aartappels met net genoeg water.  Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat saggies prut totdat die aartappels net sag is.  Dreineer en gooi koue water bo-oor (dit vergemaklik die aftrek van die skil).  Sny die aartappels in blokkies en meng liggies met die Franse slaaisous terwyl die aartappels nog warm is.  Halveer die avokado, verwyder die pit en skep die vleis uit.  Plaas die avokado met die suurlemoensap, -skil, sout, peper, knoffel, suiker en room of melk in ‘n voedselverwerker en verwerk tot mooi glad (gebruik ‘n vurk indien ‘n voedselverwerker nie beskikbaar is nie).  Voeg die grasuie en pietersielie daarby. Die sous kan met ekstra room of melk verdun word.  Meng die sous liggies met die aartappel blokkies, skep in ‘n mooi glasbak en bedien koud.

(Visited 237 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui