Baie dankie vir jou resep Anna Eksteen

Bestanddele
2 groot aartappels
120ml laevet maaskaas
10ml gekapte pietersielie
2 agurkies (in stukkies gesny)
12.5ml grasuie                                                             
sout
peper                                                                          
Aromat

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en bak aartappels vir 1 uur tot gaar.  Sny aartappels in die helfte deur, hol uit en hou doppe eenkant.  Maak die uitgeskepte aartappel fyn en meng met maaskaas, agurkies, grasuie en pietersielie.  Geur met sout, peper en Aromat.  Vul uitgeholde aartappels met die mengsel en bak vir 8 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180C.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation