Anna Eksteen

Bestanddele
2 kg beet 1 liter bruin asyn
6 x 250 ml suiker 45 ml kerriepoeier
4 groot uie, in ringe gesny sout en peper na smaak
20 ml tot 30 ml mielieblom

Metode
Kook die beet, laat afkoel en rasper grof. Plaas die asyn en suiker in ‘n kastrol en voeg die kerriepoeier by sodra dit kook. Voeg die uie by en kook tot deurskynend. Geur met sout en peper. Skep die gerasperde beet versigtig by en laat deurkook. Maak die mielieblom met ‘n bietjie water aan en voeg by. Roer tot die mengsel verdik. Skep in gesteriliseerde bottels en hou in die yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 176 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 Thoughts on “KERRIE BLATJANG:

  1. Engela E Visser on Junie 14, 2018 at 11:31 VM said:

    Email vir my ingelegde groente resepte. Dit lyk so lekker. Ek gaan beslis die kerrie uie maak.

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation