GEURIGE KOOLLAE:

Anna Eksteen

KOOLLAAG:
300g gaar aartappels, fyngemaak
500g kopkool, fyn gekap en gaargemaak
sout en peper
125g spekvleis
1 groot ui, fyn gekap

BOLAAG:
50g margarien 75ml koekmeelblom
2ml mosterdpoeier 1ml peper
2ml sout 300ml melk
200ml gerasperde Cheddarkaas 1 ekstra-groot eier, geklits

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n oondvaste bak. Meng die aartappels en kopkool en geur na smaak met sout en pepr. Braai die spekvleis in ‘n pan tot bros. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui in die panvet tot sag. Meng met die aartappelmengsel. Skep die helfte van die aartappelmengsel
in die voorbereide bak. Strooi die spekvleis oor en skep die orige aartappelmengsel oor. Maak gelyk bo-op. Smelt die margarien in ‘n pan, voeg die koekmeelblom by en roer tot ‘n gladde pasta. Verhit sowat 1 minuut lank en roer gedurig. Voeg die geurmiddels by en meng. Voeg die melk stadig byen verhit tot kookpunt terwyl gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Voeg die helfte van die Cheddarkaas asook die eier by en meng goed. Skep oor die aartappelmengsel. Sprinkel die res van die Cheddarkaas oor en bak sowat 30 minute lank of totdat die kaas gesmelt en ligbruin van bo is.

(Visited 103 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui