KAAS RISOTTO:

Anna Eksteen

Bestanddele
750ml warm gaar rys
283g(1blik) gekerfde sampioene, verhit en gedreineer
150g warm gaar ertjies
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
1ml rooipeper
50ml margarien
250ml gerasperde Cheddarkaas

Bestanddele
Meng die rys, sampioene, ertjies, sout, peper en rooipeper. Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en voeg die rysmengsel by. Verhit die rysmengsel totdat dit deurwarm is. Haal die rysmengsel van die plaat af en roer die kaas liggies by. Skep die mengsel uit in ‘n warm opskepskottel.

(Visited 55 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui