Bestandele:
± 2.5 kg Osstert
5 ml Fyn Kruie-Naeltjies (Cloves)
10 ml Worcestershire Sous
2 Groot uie
6 Medium Aartappels
3 Groot Wortels
1 x Chilli Beef “Stock” Cube
Sout & Swart Peper
30 ml Kookolie
5ml sterk Kerrie poeier 15 ml Asyn
10 ml Braaivleis Speserye
2 Pakkies “Brown Onion Gravy” (Nie sop nie – Kan ook een Brown Onion Gravy en een Roast Beef Gravy wees)

Metode:
In ‘n warm pot, braai die vleis in die bietjie olie tot goed geseël. Terwyl braai, sprinkel naeltjies en Worcestersous oor. Voeg ±1 liter kookwater met die asyn en Bief blokkie by en kook teen
hoë hitte vir ±twee uur met deksel op. Roer nou en dan. As water weggekook het voeg nog kookwater by – Dis goed as dit paar keer kan droogkook tot braai (Gee kleur en braai van die vet weg – Wees net versigtig vir brand). As vleis redelik sag is, voeg ‘n laaste 500ml kookwater by met die die kerrie en braaivleisspeserye in. Verlaag hitte (Lig pot of krap kole uit). Roer goed deur en as dit weer kook sny uie in en daarna wortels en aartappels en prut vir omtrent een uur. Afhangende van hoeveelheid vog in pot en verlangde hoeveelheid sous (Ek hou van baie) Voeg “Gravy” poeier droog of aangemaak met
bietjie koue water by en meng liggies in. Prut vir nog vyf na tien minute en sit voor met rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 468 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation