30 mense
Die gereg was voorheen op “Maak ‘n Las” aangebied en het hulle ook MIAMI s “Sweet tamatie relish” hierin gebruik

Benodig:  Nr. 8 Swart Driepootpot

Bestanddele
500ml olyfolie
2kg uie (in kwarte gesny)
7,5kg beesstert
2,5kg baba aartappels
2 pakkies aromat
2 blikke botter bone
1 bottteltjie suurlemoen peper
2 blikke baked beans in tomato
4 eetlepels knoffel
pakkie gemengde kruie
Halwe bottle Oloffbergh brandewyn
2 bottels MIAMI Sweet Tomato Relish
2 pakkies beesstert sop
1 liter room

Metode
Verhit pot oor kole en gooi olyfolie in. Braai beesstert in olie tot bruin. Voeg nou aromat, suurlemoenpeper, knoffel en al die Oloffbergh brandewyn by.

Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer ‘n 1 ½ uur. Roer die pot elke ½ uur. Sodra die vleis na 1 ½ uur redelik sag is kan die gesnyde uie bygevoeg word en vir nog 10minute met die deksel op gekook word. Voeg dan die baba aartappels by, asook: botterbone, bake beans en helfte van die gemengde kruie bo-op aartappels.

Gooi die 2 bottels MIAMI Sweet Tomato Relish bo-oor. Hou die bottel en gooi ‘n pakkie beesstert soppoeier in elke bottel en vul driekwart me water. Skud tot opgelos en gooi alles bo-oor die inhoud van pot.

Kook die pot vir nog ongeveer 45 minute tot aartappels sag is. Voeg die room by en laat prut dan vir 10minute.

Bedien met stamp mielies, pap of rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,217 times, 1 visits today)
Advertisements
 

4 Thoughts on “Beesstertpotjie ~ Maak ‘n las

  1. Frans Pelcher on Mei 17, 2015 at 3:49 NM said:

    Baie dankie vir die resep. Dit het my op ‘n kretieke oomblik uit gehelp. Ek het groot lof gekry vir die pot wat ek gemaak het. Ek kan net die lof oordra na mense soos u.

     
  2. Elmarie van zyl on Julie 21, 2017 at 3:10 NM said:

    Ek is opsoek na Maak n Las potjiekos resepte boek. Myne is weg

     
    • admin on Julie 26, 2017 at 7:49 VM said:

      More ELamrie, ek het jou verosek op die poslys gesit en uitgestuur. Sal die versoek daar hou totdat jy jou boek kry

       

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation