EENBAK MAALVLEIS GEREG:

Anna Eksteen

Bestanddele
500g maalvleis
250ml water
5ml sout
2ml peper
100ml blatjang
250ml rou rys afgespoel
410g (1blik) minestronesop
285g (1 blikkie) geroomde sampioene
500ml kookwater

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 2 liter, of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng die maalvleis, kouewater, sout en peper met ‘n vurk en kook vinnig sonder ‘n deksel totdat al die vloeistof weggekook het. Roer af en toe. Skep die maalvleis in ‘n bak. Smeer die blatjang bo-oor. Strooi die rys oor. Gooi die sop oor, dan die sampioene en laastens die kookwater. Sit die deksel op of bedek met aluminiumfoelie. Bak vir 1½uur op die middelste oondrak. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,146 times, 2 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *