Tamatie Roomsop

Dit is ‘n heerlike en baie voedsame sop.

Die basis is ‘n witsous  wat van die volgende bestanddele berei word.
50ml margarien
50ml koekmeelblom
500ml melk
5ml sout
Knippie peper

Tamatieroomsop
6 tamaties, geskil
1 klein ui
5ml suiker
2,5ml sout

Metode
Kook al die bestanddele saam tot sag.  Versap tot pulp.  Meng met die witsous.  Lewer 750ml sop.  Dit is belangrik om daarop te let dat wanneer die witsous en tamatiemoes gemeng is, dit nie weer gekook moet word nie.  Dit sal die sop laat skif.  Bring dus die witsous en moes apart tot kookpunt en meng net voor opdien.

Aspersieroomsop
1 blik aspersiestukkies
45ml gerasperde kaas

Metode
Hou die aspersiepuntjies heel en plaas die res van die aspersies in ‘n versapper en maak goed fyn.  Voeg nou die aspersiemoes en puntjies by die witsous en laat opkook.  Strooi die kaas oor net voor opdien.

Mielieroomsop
500ml ingemaakte mielies

Metode
Voeg mielies, heel of fyn gemaak, by die witsous.

(Visited 321 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui