Vars sampioensop

Bestanddele
50g botter
40ml koekmeelblom
500ml hoenderaftreksel
250ml melk
250g vars sampioene fyn gesny
sap van 1 suurlemoen
125ml dik room
sout en gemaalde swartpeper
30ml fyn gekapte pietersielie

Metode
Smelt die botter. Voeg die koekmeelblom by en laat 3 – 4 minute lank stadig prut. Roer goed. Voeg hoenderaftreksel by. Meng deeglik terwyl die mengsel tot kookpunt verhit word. Voeg die melk, sampioene en suurlemoensap by. Prut 5 minute lank. Roer die room in die sop en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Versap 30 sekondes lank teen maksimum snelheid. Voeg die pietersielie by en sit voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,576 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *