Anna Eksteen

Bestanddele
2 kg beesstert, in porsies gesny
30 ml kookolie
2 uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyn gekap
2 selderystingels, in stukke gesny
250 ml droë wit wyn
500 ml vleisaftreksel
1 x 410 g blik tamaties, grof gekap
30 ml gekapte pietersielie
10 ml gekapte vars of 3 ml droë basiliekruid
10 ml bruinsuiker
10 ml gerasperde lemoenskil
sap van 1 lemoen
50 g geroosterde okkerneute (opsioneel)

Metode
Braai vleis bruin in warm kookolie. Voeg uie, knoffel en seldery by en soteer liggies. Verhit wyn en aftreksel en voeg saam met tamaties by die vleis. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe lemoen en neute. Sit deksel op en prut 2 uur lank of tot vleis sag is. Sny lemoenskil in dun repies en druk die sap uit. Voeg dit by die vleis tydens die laaste 30 minute van die gaarmaaktyd. Sprinkel neute bo-oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 699 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation