BIEF-EN-VARKWORSKASSEROL.

Met vergunning www.http://peterjasie.co.za/

(4-6 Porsies)

Bestanddele
600g stowebeesvleis.
150g klein varkworsies.
25ml olie.
1 ui. 3 selderystingels.
1 appel.
25g meelblom.
250ml biefaftreksel.
250ml sider.
6-8 naeltjies.
3 suurlemoenblare( of vars lourierblare)
12,5ml gekapte pietersielie.

Metode
Verwyder vet van vleis en sny in blokkies.Sny worsies in twee.Verhit olie en braai vleis en worsies bruin.Skil en sny uie in skywe.Kap seldery, Ontkern appel en sny in skywe.Sprinkel meel oor vleis en roer goed. Giet aftreksel en sider oor en voeg seldery, uie, appel, naeltjies,suurlemoenblare en smaakmiddels by. Plaas in kasserol met deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot sag.Garneer met pietersielie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 155 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui