T-BEEN MET ROMERIGE BEDRUIPSOUS:

Bestanddele
1 T-beenskyf, 25 mm dik
5 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper.
Bedruipmengsel:
100 ml aangesuurde room
10 ml suurlemoensap;
1 ml sout
10 ml vars of 5 ml gedroogde dragon
5 ml gerasperde suurlemoenskil.

Metode
Voorverhit oondrooster minstens 10 minute voor die vleis gerooster word. Meng bestanddele vir bedruipsous en hou eenkant. Sny vetkante van die skywe af om te voorkom dat die vleis omkrul en rooster sowat 200 mm onder die element soos volg: Liggaar: Rooster vir 7 minute en bedruip dikwels met mengsel. Draai vleis om en rooster vir nog 7 minute terwyl vleis dikwels bedruip word. Mediumgaar: Dieselfde as vir liggaar, maar rooster 10 minute per kant. Geur skywe met sout en peper. Sit dadelik voor met tamaties gevul met bros, gebotterde groente.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 124 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *