Laurna Coetzer

Goeie middag Frik en Isabel

Ek het regtig nou lekker gelag, het Ongewone Kosse raakgelees. Puik.

Om aan te sluit by Ongewone Kosse, wil ek bely. Ek is nogal iemand vir “ongewone” kos. Moenie bekommer nie, darem nog nie daai ronde Bees Goedjies geeet nie, en sal mooi dink as ek dit aangebied word om te eet.
Wat rou vis betref is Rollmops bo-aan my lysie. Veral die in beetsous. Mmmm
Skaapkop, afval, pootjies noem maar op ons eet dit. En Skaapstertjies!!!

My absolute gunsteling van hoender is die hartjies en die magies. Dis nou koningskos! Per toeval het ek Saterdag vir ons Hoenderhartjies en Pap gemaak. Ek heg foto’s aan. As dit te “erg” vir lesers sal wees moet jy dit nie liefs nie deel nie. Ek het darem die foto’s so “professioneel” as moontlik probeer neem.

Ek het net die hartjies (n pakkie van so 400g) se membrane en vetjies onder koue lopende water verwyder, in n kastrol gesit, goed bedek met koue water en n 1/4 teelepel Naeltjies, en dit so uur en n half gekook en uitgeskep. Behou die gekookte water vir later.
Pot Pap is intussen aan die gang gekry.

100_1835
Toe braai ek uie en knoffel in bietjie botter en olie, hartjies bygevoeg en so gebraai-braai vir n paar minute. 2 gesnyde tamaties kom by, en van die vloeistof waarin die hartjies gekook is. Kook-braai nog so wyle tot dit so souserig is of nie na smaak
Sout en Peper, en siedaar!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,803 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 Thoughts on “Hoender Lekkerte

  1. Marie Kirsten on Junie 6, 2018 at 9:57 VM said:

    I need to know about chicken feet. When I was a child we had this often I am now 72, I have twins of twelve but everytime we want feet we need to go to the location to get.

    I would prefer to do them myself but I am not sure how to clean them. Can you help please?

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation