Bielie-burgers

Genoeg vir 4

1 Geur 1 kg (2 sakkies) ontvriesde, basiese maalvleismengsel met sout en peper en gooi ’n groot hand vol gekapte pietersielie en 125 ml gerasperde cheddar by.

2 Vorm 4 vleiskoekies.

3 Braai in 30 ml (2 e) olyfolie in ’n middelslagpan oor matige hitte en stapel op 4 rolletjies met slaaiblare, dik gesnyde tamatie- en rooi-ui-skywe, agurkies en lepels vol geblikte, Mexikaans gegeurde tamatie.

4 Sit voor met krakerige uieringe.

Uieringe
5 Meng 150 ml meel, 15 ml (1 e) mielieblom (Maizena), sout en 180 ml (. k) sodawater.
6 Doop dik skywe ui in die beslag.
7 Braai in warm olie tot goudbruin.
8 Dreineer op kombuispapier.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 125 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *