Gemarineerde-sampioene-en-blomkoolslaai

Gemarineerde sampioene kan tot 3 weke in die yskas hou.

genoeg vir 6

Bestanddele
45 ml olyfolie
3 x 250 g-bakkies bruin en wit sampioene
1 x 200 g-pak blomkool
1 x 170 g-pak aspersiepunte (tips), gedompel in kookwater marinade
80 ml balsemasyn
160 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
hand vol koljander, fyngekap
2 rooi brandrissies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Verhit olie tot warm in middelslag-pot. Voeg sampioene by en roerbraai 8 – 10 minute of tot halfgaar. Haal sampioene uit en gooi bietjie kookwater in dieselfde pot. Gooi blomkool by en plaas deksel op pot. Stoom blomkool 3 – 5 minute of tot halfgaar. Dreineer en sit saam met sampioene in groot mengbak. Voeg aspersies by. Marinade Meng asyn, olyfolie, knoffel, koljander en brandrissies goed saam. Gooi oor gaar groente en meng deur. Geur goed met sout en peper. Marineer 2 – 3 uur in yskas en sit voor as slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 307 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *