Gerookte ham

1,2 kg gerookte ham (gammon), gaar

SOET MOSTERDSOUS
200 ml asyn
250 ml (1 k) suiker
3 eiers, geklits
30 ml (2 e) mosterdpoeier
knippie sout
5 ml (1 t) mielieblom
OM VOOR TE SIT
geblikte appeltjies

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met olie.Verwyder die net om die ham, sny die vel in diamantvorms en besprinkel met sout en water. Oondbraai die vleis 50-60 minute terwyl jy elke 10-15 minute ’n bietjie water oorsprinkel.

SOET MOSTERDSOUS
Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Roer 5-7 minute tot die sous verdik. Laat sowat 5 minute prut en laat afkoel.

OM VOOR TE SIT Sny die ham in skywe en sit saam met mosterd en ingemaakte appeltjies voor.

Maak bros swoerd (kaiings):
Sny die swoerd van die ham af. Plaas op ’n aparte bakplaat en bak tot dit bros is en die meeste vet uitgebraai het. Breek in stukke en sit saam met die ham voor.

Verglans die ham:
Sny die vet in diamantvorms. Smeer appelkooskonfyt oor wanneer dit gaar is. Skakel die roosterelement van die oond aan en rooster vinnig tot bruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 433 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *