Kitsery

Bestanddele
2 eetlepels (30 ml) botter
1 ui, grofgekap
1 prei, in ringetjies gesny en goed afgespoel
1 teelepel (5 ml) mosterdsaad
2 teelepels (10 ml) komynsaad
150 g gort
2 koppies (500 ml) aftreksel
sout en swartpeper na smaak
2 gerookte makrielfilette, gevlok
4 gekookte eiers, afgedop en gehalveer
handvol babaspinasie

Metode
Smelt die botter in ‘n braaipan, en voeg die uie en prei by.
Braai vir 5 minute tot die uie sag is.
Voeg die speserye en gort by en braai vir nog 3 – 5 minute.
Giet die aftreksel by.
Prut vir 20 – 30 minute of tot die gort gaar is.
Roer elke nou en dan (voeg nog aftreksel by indien nodig)
Geur met sout en swartpeper en roer die gevlokte vis by.
Skep in ‘n opdienbak en garneer met die eiers en babaspinasie.

(Visited 163 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui