Jan se Tunaslaai

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Ons het Desember twee weke gan kamp en teen die einde het daar klomp van ons
goed oorgebly. Ek het sommer alles bymekaargesny en die slaaitjie gemaak. Dit was heerlik’

Bestanddele:
6 Agurkies
2 Blikjjies gedreineerde tuna
1 Klein kropslaai of ‘n halwe
3 Klein uitjies fyn gekap
3 Tamaties in blokkies gesny
2 Wiele feta in blokkies gesny
1 Advokadopeer in blokkies gesny en in suurlemoensap gedoop
1 k Mayonaise
5 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper

Metode:
Sny die kropslaai repies. Meng die tuna, ui en tamatie. Voeg die mayo by en meng deur. Voeg die advokadopeer by en meng liggies. Geur met sout en peper. Lewer 4-6 porsies. Dis baie lekker in halwe Pits broodjies. Ek het 12 pitabroodjies in halwe gesny en daarmee gestop.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 840 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *