Hoender Brejanie

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bron: Sarie

Bestanddele:
8 Hoenderdye
Marinade:
10 ml Fyn gemmer
3 Knoffelhuisies, fyngekap
3 ml Brandrissievlokkies
10 ml Hoender-masala
10 ml Fyn komyn
15 ml Fyn koljander
5 ml Borrie
4 Kardemomsade
2 Kaneelstokke
2 Lourierblare
1 Tamatie, fyngekap
250 ml Karringmelk of Bulgaarse jogurt
15 ml Sout

Res van Bestanddele:
40 ml Sonneblomolie
400 ml Rys
500 ml Droë lensies
4 Aartappels, geskil en in kwarte gesny
15 ml Sonneblomolie
3 Groot uie, in skywe gesny
5 ml Borrie opgelos in 500 ml kookwater
6 Hardgekookte eiers

Metode:
Plaas die hoenderdye in ’n bak. Meng al die marinade-bestanddele saam en gooi oor hoender.
Maak die bak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 2 – 3 uur.
Haal dan die dye uit die bak en probeer soveel as moontlik van die marinade afkry – hou dit eenkant.
Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die hoender vir so 10 minute tot mooi bruin.
Kook die rys vir 10 minute en dreineer. Kook die lensies vir 20 minute en dreineer.
Verhit jou oond tot 180 °C. Verhit die 15 ml sonneblomolie en braai die uie tot sag en bruin.
Gebruik ’n kasserol en pak al die bestanddele in lae daarin:
Begin met ’n laag rys, dan lensies, dan hoender en van die marinade, dan die rou aartappels en die uie.
Herhaal tot al die bestanddele gebruik is. Gooi die opgeloste borrie oor.
Maak die kasserol toe met tinfoelie en plaas die deksel op.
Plaas in die warm oond en bak vir minstens 1 uur en 20 minute.
Maak seker die aartappels en hoender is gaar.
Sit voor saam met hardgekookte eiers.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 447 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui