Jesaja 41:10

GOD HOU ONS VAS.

Jesaja 41:10 vertel: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hand red Ek jou.” Lees asseblief Jesaja 41:8-20 ter ondersteuning van die uitgewysde Skrifgedeelte.

God bevestig die volgende belangrike aspekte aan ons:
* Ons is die afstammeling van Abraham vir wie Hy liefhet.
* Hy het ons geroep en uitverkies.
* Hy sal ons gebede verhoor.
* Hy sal ons nie verlaat nie.
* Hy sal ons versterk en help in ons daaglikse uitdagings.

Niemand kan sê wat God se plan vir ons is nie. Ek beskou God se plan vir my lewe as iets wat dinamies en stelselmatig ontvou soos wat Sy Heilige Gees my lei. Ek leef elke dag voluit vir Hom, want ek weet Hy hou my vas.

Here, die wete dat U met my is, my beskerm en my help, is al wat ek nodig het. U hulp is altyd op tyd en U weet wat die beste vir my is, in Jesus Naam. Dankie, my Here. Amen.

(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui