Suurlemoen-Fudgekoekies

Ingestuur deur Jan van Niekerk

So soet en ryk, dis amper sondig. Sny inklein blokkies of bak dit in piepklein canapé-pannetjies. (soos die koekies op die foto).

Bestanddele:
225 g Botter
1 x 397 g Blik kondensmelk
30 ml Gouestroop
200 g (2pakkies) Fyngekapte amandels
2×200 g Pakke Tennisbeskuitjies, fyn gekrummel

Versiersel
750 ml Versiersuiker
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
Paar druppels water, ekstra

Metode:
Voorverhit die oond tot 170 grade C en smeer ’n vierkantige koekpan van 20 x 20 cm baie goed. Smelt die botter, kondensmelk en stroop saam oor lae hitte, tot glad. Voeg die neute en koekiekrummels by en meng goed. Skep in die gesmeerde pan (of in die holtes van ’n klein canapé-pannetjie) en druk goed vas. Bak vir sowat 25 minute, tot ferm. Laat afkoel. Meng die versiersuiker, suurlemoensap en -skil saam tot ’n dik, maar smeerbare versiersel en smeer ’n lagie daarvan oor die koekies. Laat staan tot ferm en sny in blokkies.

Lewer sowat 60 koekies.

Landbouweekblad 1 Desember 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 311 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *