Joh 10:2-4

Woensdag 27 Julie 2016 Tema: Ek hoor Sy stem …wat nou? 3

**** My eie woorde
**** Ons tema die week sê … ek hoor sy stem en wat nou .
Vanoggend se getuienis is die antwoord . Hierdie persoon het
gehoor en nou deel jy wat jy hoor en jy bly nie stil nie. Moenie jou
ore toedruk wanneer hy jou roep nie, Hy ken jou naam en jy behoort
aan Hom. Dalk het sy stem al sag en stil geword maar vanmôre
hoor jy opnuut hoe Hy met jou praat. Nooi Hom in terwyl daar nog
tyd is.

Joh 10:2-4
2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape.
3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy
stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit;
en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
Jesaja 43:1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en
jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou
verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
Heb 4:7 bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy
soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy
stem hoor, verhard julle harte nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
AE getuig:
Baie dankie vir jou CD’s Ek huil en bid en is dankbaar, ek luister
maar het tonne dinge om te doen, dan stop ek die cd en herhaal
weer. Die Here praat met my, ek sien my eie lewe en sien hoe die
Here nieteenstaande my sonde my lief het en lei.. Ek bid vir siele
om dit mee te deel.. Ons het die naweek n gemeente byeenkoms
en ek weet klaar van 2 vroue wat dit graag sal wil hê .. Vandag het
ek berusting gevind oor baie dinge. Ek weet die Here is getrou.. Ek
moet in geloof vertrou en Sy wil doen. Baie dankie aan Hom .

****Ek het hierdie getuienis gister ontvang en dit sluit aan by die
boodskap vandag. Ek kan net al die Eer en lof aan Hom bring wat
nie ophou roep nie .
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 27 Julie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Isabel Buchner 27 Jul.
Archie Benjamin 27 Jul
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

(Visited 51 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui