Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele Onderste Laag
175g botter
750ml (3k) versiersuiker
1 eier, geklits
2,5ml (½t) vanielje
200g (1 pakkie) Mariebeskuitjies fyn gedruk
Knypie sout
250ml (1k) pofrys (Rice Crispies)

Bestanddele Boonste Laag
200g donkersjokolade, gekap
100g (1 pakkie) pekanneute, gekap
Metode

Metode Onderste Laag
Smelt botter en roer versiersuiker by. Verwyder van hitte. Roer eier, vanielje en sout by. Sit weer op stoofplaat en roer vir 2 min op warm plaat. Verwyder van hitte. Roer koekies en pofrys by. Druk mengsel in klein, gesmeerde oondbak vas en sit in yskas.

Metode Boonste Laag
Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70 ٪ krag en roer tot glad. Smeer sjokolade oor gestolde koekielaag en sprinkel neute bo-oor. Laat sjokolade stol en sny koekies in blokkies met dun skerppuntmes. Sit in yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 315 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation