Ingestuur Deur Lynette Muller

CARAMEL EN FLAKE VULSEL :
1 Blik caramel kondensmelk
3 Flake sjokolade
Meng caramel en gekrummelde flake
Vul horinkies OF doppies met die vulsel
Baie lekker
Bron: Magda Helberg
Plasing: Magda Helberg / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

CREMORA VULSEL:
1 koppie cremora
¼ kop kookwater
Meng b.g
Voeg by ½ blikkie kondensmelk en
¼ kop suurlemoensap

KONDENSMELK VULSEL:
1 blikkie caramel treat
Peppermint sjokolade (gerasper)
Styfgeklopte room
Gesnipperde kersie
Skep 1/2 tl sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklopte room en kersie bo-op
Onbekend

DADEL VULSEL:
1 blik kondensmelk
250gr dadels (fyn gesnipper)
400ml klapper
Meng alles goed en skep in doppies.

PYNAPPEL VULSEL:
1 pynappel (gerasper)
1 tl botter
2 eiers
1/2 kop suiker
1/2 kop water
4 tl vlapoeier
Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by pynappel –
Kook tot gaar.
Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies

MELTERT VULSEL:
3 eetl meel
4kop melk
1/2 kop suiker
1 tl vanilje
3 eetl maizina
4 eiers
1 eetl botter en knippie sout
Meng maizina en meel met bietjie v/d melk
Klits eiergele goed en klits die suiker by, Voeg vanilje en sout by
Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel mengsel by. Kook tot gaar.
Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Gooi in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor

DOPPIE RESEP :

750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker

Metode
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg die droe bestandele by
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit – nie te dun –
Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie of blommetjievorm uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade.

DOPPIE RESEP :

750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
Metode.
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg die droe bestandele by
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit – nie te dun –
Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie of blommetjievorm uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 4,303 times, 2 visits today)
Advertisements
 

3 Thoughts on “SOET VULSELS VIR DOPPIES

  1. Goeie more
    Nêrens by die vulsels en doppie resepte staan daar hoeveel dit lewer nie. Kan iemand dalk vir my help met dit asb?

     
    • Dit is baie moeilik om te sê. Die heel klein doppies gebruik ongeveer een vol teelepel vulsel om te vul. Die effe groter doppie kan tot 2 gebruik en die medium doppie (wat minder gebruik word) kan tot 3 teelepels gebruik. Die groter een soos vir die melktert gebruik soms 100ml vulsel.

       

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation