Rom 7:22

Vrydag 9 Sept. 2016 Tema: Verlustig jou…. 5

**** My eie woorde
****Is dit regtig moontlik om te doen wat Paulus hier sê? Ja dit is
moontlik, want wanneer jy wedergebore en gered is, wil jy jou in
God se wil verlustig en hoe anders sal ek en jy Sy wil ken as deur
SY karakter soos vasgevat in Sy Wet. Eers dan het jy vrede
daardie vrede wat ons verstand te bowe gaan. Ons eie land toon
vir ons wat gebeur wanneer die Wet van God ongehoorsaam
word- steel egbreek moord is dan nie meer sonde nie dan word
dit “my reg”

Rom 7:22 Want ek verlustig my in die wet van God na die
innerlike mens;
Rom 3: 20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor
Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis
van sonde. 23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan
die heerlikheid van God, 24 en hulle word deur sy genade
sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in
Christus Jesus is.
Rom 3:31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee,
stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.
1Joh 5:2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet:
wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar

GETUIENISSE en TERUGVOER
LF getuig:
Vanoggend wil ek getuig dat God in al ons behoeftes voorsien.
My kar het ek al oor die 8 jaar. Hy kort baie aandag. Het al ‘n keer
of twee met ons gaan staan. Ek het die Here gevra as dit sy wil is
om my te help om ‘n kar te kry. Die tyd stap aan en die kar loop
nog so op sy manier.
My vrou se dogter kontak my nie te lank terug nie. Die
maatskappy waar sy werk gaan n nuwe kar koop en hulle wil die
huidige kar verkoop. Natuurlik se ek ja. EK vra haar uit na die
prys en paaiemente. Haar woorde was dat ons later daaroor sal
praat. Elke keer wat ons by die werk kom is die kar nie daar nie.
Sondag bel sy my en sê da tons die kar Maandag kan kom haal.
Hou net in gedagte dat ek nie die kar gesien het of bestuur het
nie. Kom Maandag daar aan en hiet staan ‘n baie nuwe kar vir my
en wag. Die kar is 2 jaar oud en het baie lae kilos op.
Later toe ons by die huis aankom, vra ek die dogter van die
finansies. Ek moet die helfte van die boekwaarde van die kar
betaal. Die paaiement word uitgereken om die kar binne 19
maande te betaal. Sy offer ook om die helfte van die paaiement te
betaal. Alle lof en eer kom God toe. Hy gebruik mense om Sy
seëninge aan ons uit te deel.
Die gedagte wat nou by my opkom is as God my as nietige mens
so help om ‘n kar te kry hoe meer gaan Hy my help met groot
probleme en dinge in my lewe nie. Ons God is groot.
**** AMEN! Ons dink mos ons moet self goed regkry . Baie dankie
dat jy dit met ons gedeel het.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9,10 &11 Sept. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Vicky Nel 9 September
Marcia Pretorius 9 Sept
Chantal Triegaardt 9 Sept.
Ina v.d. Vyfer 10 Sept.
Lazya Erasmus 10 Sept.
Sandra Botha 10 Sept.
Marina van der Merwe 10 Sept.
Maresa Koekemoer 11 Sept
Patro Krause 11 Sept
Edna Koekemoer 11 Sept
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *