Woensdag 30 Nov.. 2016 Tema: Is dit God se wil 3
**** My eie woorde
**** Toe die dissipels vir Christus vra om hulle te leer bid … was
van die woorde “ Laat U wil geskied” Nogtans wanneer goed
verloop juis die teenoorgestelde as wat ek en jy verwag het, dan
kla en murmureer ons. Indien jy nog nie Maandagoggend se
getuienis gelees het nie , lees dit gerus. Om vir 10 jaar in geloof
vas te hou is nie maklik nie, maar dan kom ons by Noag wat vir
120 jaar moes glo
Matt 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die
hemel net so ook op die aarde;
1Joh 5:14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het,
dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy wil.
Matt 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy
geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
v34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie
dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Ek bid gisteroggend oor ’n saak en worstel die hele dag. Maak
een oproep na die ander maar kom nie vêrder as wat ek is nie .
Gistermiddag laat, kontak ek iemand en die persoon sê :
“ Moenie kommer nie ek sorteer dit môreoggend vir jou uit “
Is die HERE nie goed nie ? Hy kon mos al die oggend antwoord
maar Hy laat toe dat ek aan Hom vashou totdat die antwoord kom.
So gebruik Hy mense in Sy diens juis om ander te help. Dalk is
jy vandag daardie een, wat iemand anders moet help. Weet net
jy is in Sy wil.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 30 Nov. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Lydianan Nanamus 30 Nov.
Natalie Basson 30 Nov.

Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly
(Visited 39 times, 1 visits today)

One Thought on “Matt 6:10

  1. Doreen Meintjes on January 9, 2017 at 12:04 PM said:

    Awesome

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation