Tuna tert ( met aartappel skyfies – of dan chips)

Ingestuur deur Rika Theron

125 g kaas-en-uie aartappelskyfies, 2 uie, gerasper, 30 ml botter, sout, peper en geurmiddels na smaak, 1 blik tuna, gedreineer, 2 eiers, 100 ml melk, 90 ml blatjang, 60 ml mayonnaise, 125 ml gerasperde kaas, 1 blik roomsampioene.

Druk aartappelskyfies in pak fyn.  Vlok tuna.  Mikrogolf uie en botter 2 – 3 minute (100% krag).  Voeg geurmiddels na smaak by.  Voeg tuna by.  Klits eiers en melk saam.  Voeg blatjang en mayonnaise by en klits tot glad.  Roer sampioene by.  Voeg uie en tunamengsel by res van bestanddele.  Smeer geskikte bak, gooi mengsel in en sprinkel skyfies bo-oor.  Mikrogolf 5 minute op 100% krag.  Strooi kaas oor en smelt in mikrogolfoond.  Gereg kan ook 30 minute gebak word.  (180*C)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,562 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *