1Sam 9:27

Vrydag 2 Des. 2016 Tema: Is dit God se wil 5
**** My eie woorde
**** Vanoggend het ek ’n paar gedagtes bymekaar gegooi .
Eerstens luister na die stem van die Heilige Gees. Indien jy nie
vrede het oor ’n besluit nie is jy buite God se wil. Gaan die besluit
oor jou alleen en hoe sal dit ander beïnvloed. Moenie oorhaastig
wees nie, God sien vêrder as ek en jy. Kom tot stilstand en bly stil
sodat jy kan luister. Onthou altyd, negatiewe gebeure onder God
se genade lei tot getuienis vir Hom wat jy andersins nie sou hê nie
Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit
die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
1Sam 9:27 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê
Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder
gaan—en hy het verder gegaan—maar staan jy eers stil, dat ek jou
die woord van God kan laat hoor.
Spr 21:5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar
elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.
Deut 27:9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele
Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag
het jy die volk van die HERE geword.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 2 , 3 & 4 Des. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Geen bekend vir 2 Des.
Joey Jansen v Rensburg 3 Des.
Belinda Strydom 3 Des
Judy Velloen 3 Desember
Ronel Gropp 3 Des.
Geen bekend vir 3 Des.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *