Donderdag 8 Des. 2016 Tema: Antwoorde 4
**** My eie woorde
**** Ons soek antwoorde maar dit is ook belangrik hoe ons ander
antwoord. Die belangrikste is om ons lewens en gedagtes oor te
gee aan die Heilige Gees dan sal Hy ons leer en lei. Dis juis nou in
die vakansieseisoen waar elkeen hulle self wil laat geld en hulle
eie wil-wil hê. Vra jouself af of dit wat ek en jy sê van goeie smaak
getuig .Of dit Jesus se goedkeuring wegdra. Onthou wanneer ek en
jy swak is, juis dan weet ons ons het Christus se krag nodig en
Hy dra ons deur.
Kol 4:6 Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie
smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te
antwoord.
Mark 9:50 Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het,
waarmee sal ‘n mens dit weer sout maak? Julle moet werklik sout
wees en in vrede met mekaar lewe.”
2Kor 12:9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My
krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek
baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus
my beskutting kan wees.
Joh 14:23 Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy My
woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na
hom toe kom en by hom woon.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Des. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Gert Venter 8 Des.
Markus Windsor 8 Des
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly
(Visited 46 times, 1 visits today)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation