Hierdie is my laaste dagstukkie vir 2016
So die HERE wil begin ek weer middel Januarie 2017
Baie dankie aan elke persoon wat hierdie bediening
ondersteun het. Baie dankie vir diegene wat ‘n oop
hand gehad het en finansieel bygedra het. Ek bid julle
elkeen ‘n seën toe uit ons Vader se hand.

Vrydag 9 Des.2016 Tema: Antwoorde 5
**** My eie woorde
**** Toe Jesus dissipels soek het almal nie dadelik gevolg nie. Kyk
hoe antwoord van hulle Hom. Wat is my en jou antwoord vandag.
Ek wil eers dit of dat regmaak, ek is nog nie reg nie daar is nog
soveel sonde wat ek moet oorwin. Dan is Sy antwoord juis vandag
om nou te kom sodat Hy jou kan help want sonder Hom kan jy niks
oorwin nie en sal ons ook terugkyk en elke keer ‘’n verskoning
vind.
Luk 9:61 En ‘n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar
laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. V62
En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg
slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
Matt 10:37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig
nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
V38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie
waardig nie. V39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe
verloor om My ontwil, sal dit vind.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Hierdie is ‘n paar briefies wat ek hierdie week ontvang het.
Ek kan waarlik saam met elkeen net lof en dank aan die HERE
bring vir die wysheid die krag en gesondheid en Sy kosbare Woord
wat ons vul om in Sy diens te staan
• Baie dankie vir al jou kosbare geestelike boodskappies wat jy
vir my gestuur het. Al het ek nie kommentaar gelewer nie was
jy altyd in my gebede. Jy is so ‘n groot seën en verryk my siel
elke dag al nader na ons Koninkryk.
• Baie dankie vir elke dag se boodskap. In ons gejaagde lewe is
dit kort genoeg om in te pas en kragtig genoeg om ‘n vas te
steek.
• Ek wil net vir jou baie, baie dankie sê vir die hele jaar se
dagstukkies. Jy is beslis een van God se “dissipels” wat na
ons “sondige” mense gestuur is. Jou dagstukkies beteken vir
my baie. Mag ons Drie-enige God jou en jou gesin seën in die
fees seisoen en mag ons in 2017 baie meer mense se
geestelike oë oopmaak en almal “dissipels” van God word.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Des. 2016
Simoné Muller -9 Desember
Hartlik geluk aan Simoné wat vandag verjaar.
Aan elkeen wat in Desember verjaar . Mag jou verjaarsdag
spesiaal wees omdat jy op daardie dag terugdink oor die goedheid
van ons HERE in jou lewe.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 80 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation