Die Woord vir Vandag

Matteus 7:2 NLV
2016-12-09 Geskryf deur Bob en Debby Gass
Die Goue Reël (2)
In sy boek, Running with the Giants, vertel John Maxwell van ‘n nuwe pastoor wat die volgende agt reëls met sy gemeente gedeel het: 1) As jy ‘n probleem met my het, kom sien my alleen. Ek sal dieselfde vir jou doen. 2) As iemand anders ‘n probleem met my het en na jou toe kom, stuur hulle na my toe. Ek sal dieselfde doen. 3) As iemand nie na my toe wil kom nie, sê, ‘Kom ons gaan sien hom saam.’ Ek sal dieselfde doen. 4) Wees versigtig hoe jy my interpreteer – ék sal dit eerder doen. Dit is te maklik om bedoelings verkeerd te interpreteer. Ek sal ook versigtig wees hoe ek jou interpreteer. 5) As dit konfidensieel is, moet dit nie oorvertel nie. As jy of enigiemand anders my in hulle vertroue neem, sal ek dit nie oorvertel nie, tensy hulle hulself gaan seermaak, iemand anders gaan seermaak, of wanneer ‘n kind fisies of seksueel misbruik word. Ek verwag dieselfde van jou. 6) Ek lees nie anonieme briewe nie. 7) Ek manipuleer nie. Ek sal nie gemanipuleer word nie. En moenie dat ander probeer om my deur jou te manipuleer nie. 8) Wanneer jy twyfel, sê so. As ek kan antwoord sonder om iemand anders se vertroue te verbreek, sal ek antwoord. Hierdie agt reëls kan in een sin opgesom word. ‘Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen…’ Goeie huwelike, besigheidsverhoudings en vriendskappe word op die Goue Reël wat Jesus vir ons gegee het, gebaseer. ‘n Laaste gedagte: ‘Bly weg van elke vorm van kwaad’ (1 Tessalonisense 5:22 NLV). As mense voel dat jy misbruik maak van hulle, selfs wanneer jy ‘n kans gehad het om jou beweegredes te verduidelik, moet jy dalk jou idee herdink.
Sielskos: Amos 1-3; Open 3
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 242 times, 1 visits today)
 

One Thought on “Matteus 7:2 NLV

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation