FRANKFURTER EN AARTAPPEL KITSDIS

Bestanddele
6 medium aartappels, gaar
6 Frankfortworsies
250ml kaas, gerasper
15ml botter
1 vleisaftrekselblokkie, aangemaak met 200ml water
sprietuie of pietersielie, gekap

Metode
Stel die oond op 180C.
Trek die aartappelskille af en sny die aartappels in skywe.
Sny die worsies in skywe van 3cm elk.
Smeer ‘n oondvaste bak en pak die aartappels, wors en kaas in afwisselende lae daarin.
Eindig met ‘n laag aartappels.
Gooi die vleis aftreksel bo-oor.
Stip die gereg met botter en strooi die uitjies of pietersielie oor.
Bak 25-30 minute en dien warm op. Lewer 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 394 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *