Lewer koekies resepte

LEWERKOEKIES (1)

500 g lewer (skaap-, kalf- of beeslewer)

1 middelmatige ui

2 eiers

12,5 ml asyn of suurlemoensap

5 ml sout

1 ml (1/ 4 t) peper

5 ml gekapte pieterselie

Vet of olie om in te braai

Maak die lewer skoon soos hierbo beskryf, en sny in stukke. Sny die ui in skywe en maal doe lewer en ui saam of maal die lewer en kap die ui fyn, en voeg dit by die lewer. Voeg die asyn, sout, peper en gekapte pieterselie by. Klits die eiers en voeg dit by. Meng alles goed saam. Verhit `n braaipan en smelt genoeg vet daarin om die boom van pan te bedek. Skep die lewermengsel met `n lepel in die warm vet en laat dit aan die een kant bruin braai. Draai die koekies versigtig om met `n slaplem-mes en laat hulle aan die ander kant bruin braai.

 

LEWERKOEKIES (2)

1 dik sny ou witbrood

400g skaaplewer

1 groot ui

1 groot aartappel geskil

2  eiers

25ml kookolie

7ml sout

knypie peper

knypie gemaalde neutmuskaat

100ml koekmeelbom

kookolie vir vlakbraai

Doop brood in koue water en druk dadelik soveel as moontlik van die water uit. Maal lewer, ui, aartappel en brood saam. Voeg eiers, olie, sout, peper en neutmuskaat by en meng deeglik. Voeg meel laaste by en meng. Skep eetlepelsvol in warm, vlak kookolie en braai aan weerskante  tot mooi bruin oor matige hitte. Dreineer op kombuispapier.

 

LEWERKOEKIES (3)

500g skaaplewer 4 middelslag aartappels

250ml gesnyde groenboontjies

2 spinasieblare

1 middelslag tamatie 1 ui

1 sny brood 3 eiers

180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml bakpoeier 10ml sout 1ml peper kookolie vir vlak braai.

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 13,809 times, 5 visits today)
Advertisements
 

2 gedagtes oor “Lewer koekies resepte

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui