Met vergunning van Helena Kruger
*Eie Resep*
1.5kg Beessterte [Sprinkel met BBQ Speserye]
6 groot aartappels
1 groot ui [ringe gesny]
4 wortels
1k sampioene
1/2k rooiwyn
1 pakkie tamatie pasta
1/2k Sweet-Chillie sous
1 en 1/2k Beefaftreksel of Hoender
3e Worcestersous
Metode:
Braai vleis in swaarboomkastrol[seel dit net]
Skep uit en hou eers eenkant. Plaas uie onder in jou braaipan[of oondpan] gevolg deur jou aartappels, wortels, sampioene. Meng nou die rooiwyn, tamatiepasta, chilli sou,aftreksel en die worcestersous. gooi alles bo-oor en plaas in die oond[ oornag op 100*C] of by 160*C vir so 3h.Na 2h kan jy net kyk of daar genoeg vloeistof [sous] in is anders voeg net n bietjie water dan by.N.S jou aartappels is heerlik bruin, bedien lekker stampkoring en soetpamoen en ja so n beetslaaitjie gaan baie lekker saam… Helena Kruger

HIER HET EK LEKKER BEESSTERT GEKOOK BO-OP DIE STOOF VIR SO 3URE
EN N HALWE KOPPIE ROOIWYN BYGEVOEG..21/09/2015..Helena Kruger

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,098 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation