BESTE MELKTERT OOIT


[ Lucia van der Westhuizen]
Hiervan kan ek getuig, maak net dit. Jy kan enige kors gebruik.
“En hoe weet ek dit?
Want ek het 18 resepte voor die een probeer.
Niemand het ‘WOW’ gesê nie.
Met die een is dit al wat almal sê.
Met hierdie resep, hou die tert sy vorm as jy dit bedien.
Koop sommer 2 klaar gemaakte melktert korse by spar,
of
Maak eers ’n kors van 1 pakkie Tennisbeskuitjies en 125g botter.

STAP 1
Gooi 1 liter melk in ‘n kastrol saam met
2 tl botter en 1 kaneelstokkie.
Verhit dit oor matige hitte todat dit begin kook.

STAP 2
Sit in jou liquidizer
80 ml koekmeel,
80 ml maizena,
1 ml sout,
125 ml melk,
200 ml suiker,
3 eiers en
5 ml vanielje geursel. Klits todat dit goed gemeng is.

STAP 3
Gooi die mengsel by die melk wat by nou kookpunt begin bereik.
Hou aan roer, anders brand dit vas.
Wag todat dit soos ‘n vulkaan begin prut anders is jou meel nie gaar nie, dis wat die tert laat stol.

STAP 4
Gooi dit in leë dop.
Sprinkel kaneel oor.

Wag as jy kan.

WENK:
Jy moet met n whisk klits terwyl jy di mengsel by die warm mengsel gooi in n dun straaltjie! Ek maak groot hoeveelhede gelyk dan voeg ek so 2koppies vd warm melk in n dun straalttjie by die eiermengesel terwyl ek klits en dan voeg ek weer alles in n straaltjie by die res vd melk op die stoof terwyl ek klits! Die tertvulsel is gaar sodra jy di kastrol skeef hou en die die vulsel ”skoon” wegtrek vd boom of kante!

Met verguning van :lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,162 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui