2,5 ml margarien
12,5 ml olie
1,5 kg beesstert, in skywe gesny
koekmeel
4 groot uie, in skywe gesny
2 repe ontbytspek, gekap
30 ml suiker
2 ml mosterdpoeier
10 ml sout of na smaak
5 ml vars gemaalde swartpeper
45 ml tamatiepasta
350 ml goeie droë rooi wyn
1 lourierblaar
10 klein jong worteltjies
300 g knopiesampioene
2,5 ml gekapte vars pietersielie
Verhit margarien en olie saam in swartpot.

Rol beesstertskywe in koekmeel en braai liggies in warm olie en margarien.

Wees versigtig, die meel moenie verbruin nie.
Voeg uie en spek by en braai tot uie deurskynend is.

Voeg die knoffel en suiker by, roer goed deur en braai tot uie goudbruin is.

Meng die mosterdpoeier, sout, swartpeper, tamatiepasta en rooi wyn en gooi oor vleis.

Voeg lourierblaar en wortels by.

Plaas deksel op en prut ongeveer 4-5 ure oor lae hitte totdat vleis sag is.
Voeg sampioene 20 min voor einde van kooktyd by.

Besprinkel vleis met vars gekapte pietersielie.
Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, mengelslaai of gestoofde droëvrugte.

Jecinta Pietersen

Resep ontvang per e-pos van Susan

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,562 times, 5 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation