Rom 3:23

Maandag 6 Februarie 2017 Tema: Waarom kry ons swaar?
**** My eie woorde
**** Het jy nie al gewonder waarom kan alles dan nie, maar net
glad en maklik verloop nie ? Jy pak iets met ywer aan en dan lyk
dit asof alles net skeef loop. Hoekom is die lewe so
gekompliseerd . Ons kyk dan hierdie week na ’n paar redes.
Die eerste rede is ons sonde. Ag, dink ons, wat se sonde het ek
dan nou, ek doen mos nie eintlik iets verkeerd nie. Ons fokus mos
almal op ons werke ,dit wat ons doen As ek goed doen en reg doen
gaan ek hemel toe en andersom. Die HERE toets die hart.

Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die
heerlikheid van God,
Jes. 59:2 maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword
tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle
verberg, sodat Hy nie hoor nie.
Tog is ons nie sonder hoop nie, want net soos Dawid kan ons
ons blootlê en oorgee aan ons Hemelse Vader en Hom die
toestemming gee om ons te red. Ons voorreg is juis dat ons
Iemand het wat die pad reeds geloop het en wat verstaan
Heb. 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons
swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte
versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Psalm 139V23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my
en ken my gedagtes; 24 en kyk of daar by my ‘n weg is van
smart, en lei my op die ewige weg!

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6 Feb. 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Khoetage Nanamus 6 Feb.
Magda Day 6 Feb
Debbie Viss 6 Feb
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui