Hierdie resep kom uit Wenresepte 1 en dit is die BESTE.

1 tot 1½ kg beesstert, opgesny
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 piesang, in skywe gesny
2 lourierblare
60 ml bruin asyn
20 ml tamatiesous
20 ml blatjang
20 ml heuning
7 ml matige kerriepoeier
7 ml sout
1 ml peper

Was vleis en plaas saam met uie, piesang en lourierblare in ‘n drukkastrol. Meng res van bestanddele en gooi bo-oor (daar kom geen water by nie). Verhit stadig en kook sowat 1½ uur op lae hitte onder druk. Lewer 4-6 porsies
BRON- Wenresepte 1

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,121 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 Thoughts on “Sakkie se Beesstert

  1. Gaan hierdie resep probeer vir Nuwejaarsete en my man se verjaardag. Albei op 1ste Januarie 2018!

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation